SPDW Kontak Inligting

Kampleier:

Gawie Naude - 083 479 5582 - kampleier@spdw.co.za

Admin :

Ilvy van Tonder - 082 419 0994 - admin@spdw.co.za

Fnansies:

Marinda Gericke - 082 884 1470 - finansies@spdw.co.za

Aanwysings na De Bank, Voortrekker Jeugterrein.

 
De Bank – Oranjeville
S 26° 57′ 45.0″        O 28° 13′ 04.7″
Die De Bank terrein is geleë op die oewer van die Vaaldam, naby Oranjeville. Die terrein is spesiaal ingerig vir waterwerkkampe, met lieflike grasperke, groot badkamergeriewe, ‘n saal en toegeruste kombuis. Die terrein verskaf ook slaapplek in houthuisies vir 65 mense. Tente word met gemak opgeslaan op die groot grasperke wat hierdie terrein geskik maak vir groot kampe.

Aanwysings: (vir mense wat suid op die R59 ry)


Draai links op Ascot on Vaal Straat, net nadat jy oor die Vaalrivier gery het (800m na Vaalrivier)

Na 1.75km draai regs op die R82 (rigting Sasolburg) – Daar is tans padwerke op die R716 (rigting Deneysville) met padverleggings wat lang ophoude kan veroorsaak

Na 13km draai links op die R57 (rigting Heilbron) Na 3.3km draai links op R549 (rigting Deneysville)

Na 17.2km draai regs op R716 (rigting Oranjeville) net voordat jy in Deneysville inry – ry versigtig op hierdie stuk pad, daar is baie slaggate

Na 10.6km draai link en bly op die R716 (rigting Oranjeville) – daar is steeds slaggate op hierdie stuk pad

Na 13.4km draai links op Lake Straat (rigting Metsimoholo) net voordat jy Oranjeville inry

Na 1.4km is daar ‘n grondpad wat uitgaan na die linker kant, draai links op hierdie grondpad (jy moet oor twee stoppe ry)

Ry 0.45km aan, die pad draai na regs (rowwe stukkie grondpad, baie rooi grond), net nadat jy verby die ou murasie is, by die kragpaal, is ‘n pad wat links uitgaan – draai links op hierdie grondpad

Volg hierdie pad vir 1.6km – dit loop vas in die De Bank kampterrein

NOTA: Dit word baie sterk aanbeveel dat jy hierdie roete nagaan en seker maak dat jy weet waar die terrein is, alvorens jy in die kar klim en ry. Vat die koördinate en gaan kyk op Google Maps waar die terrein is en hoe jy moet ry om daar te kom.