Sentraal Penkop & Drawwertjie Waterwerkkamp

Ons kamp op die oewer van die Vaal dam naby Oranjeville. Ons is nie 'n veldwerkkamp nie, maar die enigste waterwerkkamp vir Penkoppe en Drawwertjies in Transvaal Voortrekkers. Sedert ons hier op De Bank kampterrein kamp stroom groot getalle Penkop en Drawwertjies gedurende die April skoolvakansie hierheen - selfs vanuit die Vrystaat en Natal!!